Witteberghokkie is altyd kookwater met verskeie formate van die sport wat hier aamgebied word. Vroeg in 2021 is ons spanne slaggereed vir die seisoen wat voorlê, ons toere is gereël, kondisionering gedoen en vaardighede ingeoefen, toe bederf Covid weer ons hokkie-partytjie.
Witteberg se hokkiespanne speel in die voorseisoen ‘n paar kompeterende wedstryde met die hoogtepunt teen Bileau College in Johannesburg. Al ons juniorspanne deel behoorlik pakslae uit terwyl die Johannesburgers met bewondering na ons Platteland kinders met goeie sportmanskap, veggees en vriendelikheid staar. Die kersie op die koek is dat beide ons eerstespanne as wenners uit die stryd tree teen kwaliteit teenstanders met Suid- Afrkaanse afrigters in hulle geledere. Na die wedstryd word alle wedstryde gestaak ween die pandemie.
We didn’t just stop there. The Bethlehem Badgers indoor franchise came to our rescue as we were allowed to compete as a club. We continue to practice and participate in this “club” sport. We sent out two of our teams to the PSI Intercity tournament that was held in Pretoria. Our u/16A team won the gold medal and is now promoted to the A-section. It is a glorious achievement!
Ons PSI indoorspanne kompeteer in Desember weer in die jaarlikse PSI Nationals toernooi. Ons sien uit om te sien hoe ons spanne gaan presteer.
Die seisoen maak weer later in die jaar oop en ons begin weer volstoom wedstryde reël. Ons dogters eerstespan speel in ‘n driehoekige toernooi teen BVHS en Sasolburg, waar ons onoorwonne uit die stryd tree. Ons sluit die jaar op ‘n hoogtepunt af met ‘n inter teen TRIO waar ons hulle stert tussen die bene huis toe stuur. Al Witteberg se spanne behaal op die dag seges.
Witteberg hokkie is geseënd met goedheid en guns wat ons agtervolg. Dit is net genade en ons is dankbaar vir ons kinders se talente.
Soos die ou gesegde sê; “Wenners wen, voorwaarts na volgende jaar!”