Witteberg

Hoërskool / High School

 

          

 

Adiemus is Witteberg se serenadegroep wat slegs uit seuns bestaan.  Adiemus is ‘n Latynse woord met die volgende betekenis:  "let us approach" (or "let us submit a cause to a referee"), or, is sometimes regarded as the future tense of the same verb, meaning "we will approach" or "we will take possession".  It  also resembles two forms of the Latin verb audire ("to hear"): audiemus ("we shall hear") and audiamus ("let us hear").

Witteberg is trots op hul sanggroepe wat gehore vergas met hul unieke en besonderse klank.

 

NUUS

NUUTSTE NUUS

Hoërskool Witteberg se atlete presteer puik tydens die Oos-Vrystaat Hoërskole Atletiek Kampioenskappe. 

Die atlete van behaal 46 eerste plekke, 35 tweede plekke en 33 derde plekke.  Hulle verbeter 5 rekords en wen 6 van die 10 aflosse wat gehardloop is.  

 

Witteberg Atelete Presteert op Graanveld Byeenkoms!

Tydens die jaarlikse Graanveld Atletiekbyeenkoms wat op Donderdag 8 Februarie plaasgevind het, het Hoërskool Witteberg se atlete weereens uitstekend presteer.  Die atlete van Witteberg behaal 60 eerste plekke, 53 tweede plekke, 43 derde plekke en verbeter al te saam 10 rekords.  

 

DSCN2649

Nuwe personeel wat by die Witteberg-familie aangesluit is van links voor;

Mnr, Berno du Plessis (Onderwys Assistent), mev. Debbie-Lee Smit (Natuurwetenskappe, Lewenswetenskappe en Geografie), mnr. SW Smit (Engels)

DSCN2667Top Toekenings vir `n Top Akademiese skool!

Witteberg is vir verskeie prestasies beloon vir top matriek uitslae in die 2017 eindeksamen. Witteberg ontvang die trofee vir die Top Wiskunde & Fisiese Wetenskap skool in die Vrystaat. Witteberg ontvang ook R 100 000 kontant vir die Top Wiskunde skool in die Vrystaat. Die skool  spog met sy twee kanon onderwyseresse mev. Annamarie de Jong hen mev. Selbie Swart wat onderskeidelik elkeen `n toekenning ontvang as Top Wiskunde en Top Fisiese Wetenskap onderwysers in die Vrystaat.

 

DMC Firewall is a Joomla Security extension!