Witteberg

Hoërskool / High School

 

          

 

Witteberg lewer wéér top-gehalte sprekers by jaarlikse ATKV-kompetisie

Stof ander top-skole praat-praat uit

Die naweek van 9 en 10 Junie het die redenaars- en debatspanne van Hoërskool Witteberg aan die jaarlikse ATKV-Vrystaat eindrondes deelgeneem, wat by die Hoërskool Sentraal aangebied is. 

Witteberg stuur ’n allemintige 22 Huistaal- en Addisionele Taalredenaars, wat verteenwoordigers in die voorbereide en onvoorbereide kategorieë insluit. Dié leerders presteer uitsonderlik en Witteberg is trots om aan te kondig dat vyf van ons leerders deurdring na die Landsfinaal wat in Augustus by die ATKV Goudini-oord plaasvind.  Hulle is Johanné Heyns (graad 9) in die Huistaal Voorbereid kategorie, Chevonne Lesoro (graad 10) in die Addisionele Taal Onvoorbereide kategorie, Zilke Heyns (graad 12) in die Huistaal Voorbereide kategorie en Dorè Mostert en Janneke Venter (graad 12) wat deurdring in die Huistaal Onvoorbereide kategorie.

Die debatspanne van Witteberg presteer ook uitsonderlik en die volgende spanne neem deel aan die Landsfinaal. In die senior afdeling dring die wenspan van Janneke Venter (graad 12) en Marnus Zaaiman (graad 10) en Chrisné Kruger (graad 10) en Anroné van Tonder (graad 10) deur.  In die junior afdeling verras Danielle Olivier (graad 8), Elfrieda Prinsloo (graad 8) en Chrizelle Mienie (graad 8) hul teenstanders met hul vernuf en talent, en dring ook sodoende deur na die finaal.

Witteberg is nasionaal bekend vir hul talentvolle, intelligente sprekers.  Almal is dit een dat Witteberg ’n skool is om mee te reken.  Hiermee spreek ons ook ons dank en gelukwensing aan alle deelnemers uit wat die skool verteenwoordig het.  Al hierdie sprekers het geweldig hard gewerk en dra die skool se naam met trots.  Baie sterkte aan al ons sprekers wat moet voorberei vir die Landswye Finaal op 11 en 12 Augustus by Goudini.

NUUS

PROSPEKTUS 2018

Kliek hier 

NUUTSTE NUUS

Hoërskool Witteberg se Tienertoneel "Glimlag Doolhofkind" vaar goed by die ATKV Tienertoneel op die Potchefstroom Streeksfees.

Die geselskap ontvang silwer vir;

- Dekor en stelontwerp
- Spesiale effekte
- Algemene hantering van tegniese aspekte 
- Tooi Cilliers ontvang silwer as klankoperateur.

Verder ontvang die groep brons vir

- Beligtingsontwerp
- Die klankbaan, 
- Die produksie as geheel
- Shannon Freeman ontvang brons as verhoog bestuurder
- Dorijke du Toit, Hanru Barnard en Jhuan Bouwe vir spel
- Juffrou Aldiné van der Merwe vir regisseur
- Hanru ontvang ook brons vir eie musiek komposisies.

Hoërskool Witteberg se 1e span 7's eindig 2e na afloop van die Griffons Sewes dag wat aangebied is deur Witteberg op die 1e September 2018.

Finale Posisies:

1e Goudveld
2e Witteberg 
3e Hentie Cilliers
4e BVHS

Witteberg is trots op 3 van sy leerders wat onder die Top 4 eindig in die ATKV Redenaars Landsfinaal. 

Sewe Wittebergers het deurgedring na die finale rondte.

Verder het die juniordebatspan van die Hoërskool Witteberg is onder die top 5 in Suid-Afrika. Ella Steynberg, Roelof Stander en Ann-ne Venter. 

 

DMC Firewall is a Joomla Security extension!