Witteberg

Hoërskool / High School

 

          

Hoërskool Witteberg se atlete het puik presteer tydens die Oos-Vrystaat Hoërskole Atletiekbyeenkoms wat op Saterdag 18 Februariete Bethlehem plaasgevind het.  Die atlete van Witteberg behaal 34 eerste plekke, 38 tweede plekke, 20 derde plekke en verbeter al te saam 6 rekords.  Die atlete wat rekords verbeter het tydens die byeenkoms was: 

Van voor links;   Alicia Clack – Gewigstoot dogters o/17 – 12.39m ; Kara-Lee van der Watt – 1500m hindernis  - 7:29.06s.  ; Nadja Fourie – Paalspring dogters o/19 – 3.40m;; Saroné Grobler – Driesprong dogters o/16 – 10.65m en  Marisca Stander – 5000m stap dogters o/16 – 28:46.58s, Mpho Ntsutle – Driesprong seuns o/16 – 13.54m (afwesig)

NUUS

PROSPEKTUS 2018

Kliek hier 

NUUTSTE NUUS

Hoërskool Witteberg se Tienertoneel "Glimlag Doolhofkind" vaar goed by die ATKV Tienertoneel op die Potchefstroom Streeksfees.

Die geselskap ontvang silwer vir;

- Dekor en stelontwerp
- Spesiale effekte
- Algemene hantering van tegniese aspekte 
- Tooi Cilliers ontvang silwer as klankoperateur.

Verder ontvang die groep brons vir

- Beligtingsontwerp
- Die klankbaan, 
- Die produksie as geheel
- Shannon Freeman ontvang brons as verhoog bestuurder
- Dorijke du Toit, Hanru Barnard en Jhuan Bouwe vir spel
- Juffrou Aldiné van der Merwe vir regisseur
- Hanru ontvang ook brons vir eie musiek komposisies.

Hoërskool Witteberg se 1e span 7's eindig 2e na afloop van die Griffons Sewes dag wat aangebied is deur Witteberg op die 1e September 2018.

Finale Posisies:

1e Goudveld
2e Witteberg 
3e Hentie Cilliers
4e BVHS

Witteberg is trots op 3 van sy leerders wat onder die Top 4 eindig in die ATKV Redenaars Landsfinaal. 

Sewe Wittebergers het deurgedring na die finale rondte.

Verder het die juniordebatspan van die Hoërskool Witteberg is onder die top 5 in Suid-Afrika. Ella Steynberg, Roelof Stander en Ann-ne Venter. 

 

Our website is protected by DMC Firewall!