Witteberg

Hoërskool / High School

 

          

 

Tydens die jaarlikse Graanveld Atletiekbyeenkoms wat op Donderdag 8 Februarie plaasgevind het, het Hoërskool Witteberg se atlete weereens uitstekend presteer.  Die atlete van Witteberg behaal 60 eerste plekke, 53 tweede plekke, 43 derde plekke en verbeter al te saam 10 rekords.  Die atlete wat rekords verbeter het tydens die byeenkoms was:  Zelmi Stemmitt in die 3000m dogters o/15 12:58.81; Sue-Marie Claasen in die 300m hekkies dogters o/15 47.03 sekondes; Kara-Lee van der Watt in die 2000m hindernis dogters o/16 9:05.72; Nica Pretorius in die 3000m hindernis dogters o/19 14:20.81; Jaydin Nel in die 3000m seuns o/14 10:34.61; Christo Schoeman 1500m hindernnis seuns o /14 6:35.87; Valiant Mofokeng in die 100m seuns o/15 11.20 sekondes; Rayn Clack in driesprong seuns o/15 12.61 meter; Mpho Ntsutle in driesprong  seuns o/17 13.51 meter; Motseki Mosikidi in die 400m hekkies seuns o/19 56.44 sekondes. 

Witteberg se atlete neem ook die volgende posisies in onder die top 50 beste prestasies van die byeenkoms: 6de plek Elzerie Botes in gewigstoot dogters o/16 11.50 meter; 8ste plek Alicia Clack in gewigstoot dogters o/19 10.75 meter; 12de plek Sue-Marie Claasen in die 300m hekkies dogters o/15 47.03 sekondes; 18de plek Motseki Mosikidi in die 400m hekkies seuns o/19 56.44 sekondes; 20ste plek Alexis Jonker in gewigstoot dogters o/14 9.80 meter; 21 ste plek Alicia Clack in diskusgooi dogters o/19 34.75 meter; 26ste plek  Wtteberg se o/17 seuns aflosspan 44.12 sekondes; 29ste plek Witteberg se o/19 seuns aflosspan 43.69 sekondes; 30ste plek Henco Coetzee in gewigstoot seun o/15 15.14 meter; 47ste plek Valiant Mofokeng in die 100m seuns o/15 11.20 sekondes; 49ste plek Christel Kotze in die 90m hekkies dogters o/15 15.05 sekondes en in die 50ste plek Erica Bibbey in die 90m hekkies dogters o/15 15.06 sekondes.

Wat die aflosse betref, wen Witteberg die seuns o/14 aflos in tyd van 50.87 sekondes (Roelof Stander, CF Barnard, Nhlanhla Tsabalala, Christiaan Schoonraad), die seuns o/16 aflos in 45.19 sekondes (Paschal Ekeji, Tshepiso Mzizi, Erik van Aswegen, Valiant Mofokeng) , die seuns o/17 aflos in 44.12 sekondes (Mpho Ntsutle, Fernando Galantd, Juan-Rosco Ruiters, Paschal Ekeji) en die seuns o/19 aflos in 43.69 sekondes (Motseki Mosikidi, Fernando Galant, Mpho Ntsutle, Vuyani Jacobs).

 

20180208 070008IMG 20180215 WA0050

 

 

NUUS

PROSPEKTUS 2018

Kliek hier 

NUUTSTE NUUS

Hoërskool Witteberg se Tienertoneel "Glimlag Doolhofkind" vaar goed by die ATKV Tienertoneel op die Potchefstroom Streeksfees.

Die geselskap ontvang silwer vir;

- Dekor en stelontwerp
- Spesiale effekte
- Algemene hantering van tegniese aspekte 
- Tooi Cilliers ontvang silwer as klankoperateur.

Verder ontvang die groep brons vir

- Beligtingsontwerp
- Die klankbaan, 
- Die produksie as geheel
- Shannon Freeman ontvang brons as verhoog bestuurder
- Dorijke du Toit, Hanru Barnard en Jhuan Bouwe vir spel
- Juffrou Aldiné van der Merwe vir regisseur
- Hanru ontvang ook brons vir eie musiek komposisies.

Hoërskool Witteberg se 1e span 7's eindig 2e na afloop van die Griffons Sewes dag wat aangebied is deur Witteberg op die 1e September 2018.

Finale Posisies:

1e Goudveld
2e Witteberg 
3e Hentie Cilliers
4e BVHS

Witteberg is trots op 3 van sy leerders wat onder die Top 4 eindig in die ATKV Redenaars Landsfinaal. 

Sewe Wittebergers het deurgedring na die finale rondte.

Verder het die juniordebatspan van die Hoërskool Witteberg is onder die top 5 in Suid-Afrika. Ella Steynberg, Roelof Stander en Ann-ne Venter. 

 

Our website is protected by DMC Firewall!