Witteberg

Hoërskool / High School

 

          

Die jaarlikse T20 krieketwedstryd tussen die twee hoërskole van Bethlehem het weer vir uitmuntende aksie gesorg op en van die veld af. Nie net was die ondersteuners daar in hul menigte nie, maar die temperatuur het ook gesorg vir kookwarm aksie.

 

BVHS se kaptein Luan Kruger het die loot gewen en Witteberg eerste ingestuur om te kolf. Witteberg se openingspaar het van die staanspoor af goed gekolf en gesorg dat die lopietempo sommer vining bo 10 lopies per beurt gedraai het. Janco Strydom (49) het deurgangs die swak balle gebêre en sodoende verseker dat Witteberg se telling groei. Tristan Snyman (2 vir 13) het verseker dat BVHS, Witteberg kon beperk tot 139 vir 6 in sy toegelate 20 beurte. Hy het onder andere van George Spershott (32) ontslae geraak en verseker dat daar nie teen die einde krane oopgedraai kon word nie.

 

Daarna het BVHS hul jaagtog begin, maar was gou in die moeilikheid nadat Quinten Mostert (5 vir 12) verwoesting gesaai het onder die Trekkers. Witteberg se boulers het die druk goed toegepas deur die blad, wat baie beloning gebied het indien die regte areas getref word, te gebruik. Janco Botha (3 vir 12) het as aflosbouler die sege so te sê beklink vir Witteberg deur drie kolwers skoon te boul in dieselfde boulbeurt. Hoewel Andre van Schoor moedig probeer het om die Trekkers ‘n geleentheid te gee om ‘n kans te staan, het hy vining uit kolfmaats uitgehardloop. BVHS word uiteindelik in die 16de beurt almal uitgehaal vir 64.

 

Witteberg wen dus die wedstryd met 75 lopies en speel nou eerskomende Vrydag teen Hennenman Hoërskool om te bepaal watter span deurdring na die 2de rondte van die Coca-Cola T20 toernooi. Beide afrigters wil alle ondersteuners en spelers bedank vir die goeie vertoonvenster wat die wedstryd was vir skoolsport in Bethlehem.

NUUS

PROSPEKTUS 2018

Kliek hier 

KWEEKSKOOL VIR REDENAARS & DEBAT

Dié Hoërskool Witteberg in Bethlehem staan in 2018 weereens bekend as die kweekskool van redenaars & debat.

Witteberg het reeds amok gemaak om 23 leerders op te lewer in die Vrystaat/Noord-Kaap ronde, na afloop van hierdie rondte skop Witteberg verder stof in sy opposisie se oë!

By die debat het vier junior en drie senior debatspanne onder die top 8 geëindig. Witteberg se junior en senior debat span was die wenners van die Vrystaat/Noord-Kaap rondte. Uit die vier debatspanne wat deurdring na die ATKV landsfinaal sal twee spanne van Witteberg af wees.

Op redenaarsgebied kan niemand vir Witteberg klop nie.

23 leerders dring deur na die Vrystaat/Noord-Kaap ronde verlede naweek in Kroonstad. 20 leerders behaal plekke onder die top 10 in onderskeie afdelings.

Sewe leerders van Witteberg dring deur na die ATKV-landsfinaal.

Witteberg is voorwaar trots op hierdie prestasie! Weereens `n bewys daar  is #net1skool!

HOËRSKOOL WITTEBERG WORD VEREER IN SY DISTRIK!

 

Dié Hoërskool Witteberg in Bethlehem het Vrydag 16 Maart 2 na afloop van die “Well Done” funksie wat aangebied is deur die Thabo Mofutsanyana Onderwysdepartement weereens weggestap met die beste van die beste titel.

Die skool en sy onderwysers is vereer vir hulle topprestasies in die 2017 Nasionale Matriekeksamen in die Thabo Mofutsanyana distrik.

Witteberg stap met die volgende titels weg:

  • Beste Stedelike skool.
  • Beste presterende skool. Hiervoor ontvang die skool `n platinum toekenning.
  • Ontvang toekenning vir die handhawing van die 100% slaagsyfer vir die soveelste agtereenvolgende jaar.

 

NUUTSTE NUUS

 

Hoërskool Witteberg se atlete presteer puik tydens die Oos-Vrystaat Hoërskole Atletiek Kampioenskappe. 

Die atlete van behaal 46 eerste plekke, 35 tweede plekke en 33 derde plekke.  Hulle verbeter 5 rekords en wen 6 van die 10 aflosse wat gehardloop is.  

 

 

 

DMC Firewall is a Joomla Security extension!