Witteberg

Hoërskool / High School

 

          

Witteberg se dogterskrieketspan het vandag Harrismith se dogters behoorlik laat les opsê. Harrismith het die loting gewen en besluit om eerste te kolf. Hulle word beperk tot slegs 56 lopies in hul gegewe 20 beurte met Yvellé Swart wat 2 penne laat kantel vir slegs 13 lopies in 4 beurte. Witteberg het in hul beurt vir Anseri van der Westhuizen en Leandi Penn ingestuur om die lopies te jaag. Die 2 het dit in slegs 8.1 beurte reggekry en Witteberg na 'n 10 paaltjie oorwinning gelei. Baie geluk aan die meisies wat vandag hul staal getoon het!

NUUS

PROSPEKTUS 2018

Kliek hier 

NUUTSTE NUUS

Hoërskool Witteberg se Tienertoneel "Glimlag Doolhofkind" vaar goed by die ATKV Tienertoneel op die Potchefstroom Streeksfees.

Die geselskap ontvang silwer vir;

- Dekor en stelontwerp
- Spesiale effekte
- Algemene hantering van tegniese aspekte 
- Tooi Cilliers ontvang silwer as klankoperateur.

Verder ontvang die groep brons vir

- Beligtingsontwerp
- Die klankbaan, 
- Die produksie as geheel
- Shannon Freeman ontvang brons as verhoog bestuurder
- Dorijke du Toit, Hanru Barnard en Jhuan Bouwe vir spel
- Juffrou Aldiné van der Merwe vir regisseur
- Hanru ontvang ook brons vir eie musiek komposisies.

Hoërskool Witteberg se 1e span 7's eindig 2e na afloop van die Griffons Sewes dag wat aangebied is deur Witteberg op die 1e September 2018.

Finale Posisies:

1e Goudveld
2e Witteberg 
3e Hentie Cilliers
4e BVHS

Witteberg is trots op 3 van sy leerders wat onder die Top 4 eindig in die ATKV Redenaars Landsfinaal. 

Sewe Wittebergers het deurgedring na die finale rondte.

Verder het die juniordebatspan van die Hoërskool Witteberg is onder die top 5 in Suid-Afrika. Ella Steynberg, Roelof Stander en Ann-ne Venter. 

 

DMC Firewall is a Joomla Security extension!