Witteberg

Hoërskool / High School

 

          

 

 

 

 

 

Witteberg se 0/15 netbalspan is die wenners van die Motsepe-beker. Hul sal gedurende Oktober aan die Nasionale kampioenskap deelneem.

Witteberg het in die finaal van die beker teen Oranje Meisieskool kragte gemeet. Hulle wen die wedstryd met 21 doele teenoor 19.

 

Witteberg netbal word deur 30 dollas verteenwoordig tydens die finale Vrystaatproewe wat op 2,3 Junie gehou is. Ons lewer 12 Vrystaatspelers op! Hartlik geluk aan elke dogter wat net haar beste gegee het. Witteberg is met reg trots op jul. Witteberg: 'a place of magic', waar elke kind 'n meesterstuk is! 
Die Witteberg netbalkorps was dan ook die gasheer vir die Vrystaatproewe op 2,3 Junie. Soos altyd word hierdie groot funksie in ware Witteberg styl aangebied. Dankie aan Witteberg en die netbalpersoneel vir toegewyde en puik diens! Hier maak ons 'magic'!

Dogters wat span gekry het: 
0/14: Erika Bibbey en Erica Ekeji.
0/15 Elzerie Botes en Keisha Liebenberg.
0/16: Jessica Nel, Saroné Grobler en Michelle Pieterse.
0/17: Marni Coetzee
0/18: Angelique Lodewyk, Jonine Strydom, Tazzmin Pietersen en Thandeka Ngozo.

Tydens vanjaar se moeder-dogertee wat Witteberg se netbal aangebied het op die 4de Feb 2017 was die dames vermaak met die nimlike Kevin Leo. Hy het behoorlik die dames se voete onder hulle uitgeslaan.

 

Op die jaarlikse manne-aand van Hoërskool Witteberg wat gehou is op 04Feb 2047 het Pa’s aan die lippe van die bekende landboukundige Dr. Herman van Schalkwyk gehang.

Op die jaarlikse manne-aand van Hoërskool Witteberg wat gehou is op 04Feb 2017 het Pa’s aan die lippe van die bekende landboukundige Dr. Herman van Schalkwyk gehang.

Manne wat hierdie aand saam geniet het is v.l.n.r: Willie Uys; Hennie van Huyssteen, Dr Herman van Schalkwyk, Deon (Suid-Wes Landbou), Fanie Strydom, Elna Venter (Netbalhoof), Coenie Venter (Skoolhoof), James Barrie en Kobus Brandt

Tydens vanjaar se moeder-dogertee wat Witteberg se netbal aangebied het op die 4de Feb 2017 was die dames vermaak met die nimlike Kevin Leo. Hy het behoorlik die dames se voete onder hulle uitgeslaan.

NUUS

NUUTSTE NUUS

Hoërskool Witteberg se atlete presteer puik tydens die Oos-Vrystaat Hoërskole Atletiek Kampioenskappe. 

Die atlete van behaal 46 eerste plekke, 35 tweede plekke en 33 derde plekke.  Hulle verbeter 5 rekords en wen 6 van die 10 aflosse wat gehardloop is.  

 

Witteberg Atelete Presteert op Graanveld Byeenkoms!

Tydens die jaarlikse Graanveld Atletiekbyeenkoms wat op Donderdag 8 Februarie plaasgevind het, het Hoërskool Witteberg se atlete weereens uitstekend presteer.  Die atlete van Witteberg behaal 60 eerste plekke, 53 tweede plekke, 43 derde plekke en verbeter al te saam 10 rekords.  

 

DSCN2649

Nuwe personeel wat by die Witteberg-familie aangesluit is van links voor;

Mnr, Berno du Plessis (Onderwys Assistent), mev. Debbie-Lee Smit (Natuurwetenskappe, Lewenswetenskappe en Geografie), mnr. SW Smit (Engels)

DSCN2667Top Toekenings vir `n Top Akademiese skool!

Witteberg is vir verskeie prestasies beloon vir top matriek uitslae in die 2017 eindeksamen. Witteberg ontvang die trofee vir die Top Wiskunde & Fisiese Wetenskap skool in die Vrystaat. Witteberg ontvang ook R 100 000 kontant vir die Top Wiskunde skool in die Vrystaat. Die skool  spog met sy twee kanon onderwyseresse mev. Annamarie de Jong hen mev. Selbie Swart wat onderskeidelik elkeen `n toekenning ontvang as Top Wiskunde en Top Fisiese Wetenskap onderwysers in die Vrystaat.

 

Our website is protected by DMC Firewall!