Witteberg

Hoërskool / High School

 

          

Witteberg netbal word deur 30 dollas verteenwoordig tydens die finale Vrystaatproewe wat op 2,3 Junie gehou is. Ons lewer 12 Vrystaatspelers op! Hartlik geluk aan elke dogter wat net haar beste gegee het. Witteberg is met reg trots op jul. Witteberg: 'a place of magic', waar elke kind 'n meesterstuk is! 
Die Witteberg netbalkorps was dan ook die gasheer vir die Vrystaatproewe op 2,3 Junie. Soos altyd word hierdie groot funksie in ware Witteberg styl aangebied. Dankie aan Witteberg en die netbalpersoneel vir toegewyde en puik diens! Hier maak ons 'magic'!

Dogters wat span gekry het: 
0/14: Erika Bibbey en Erica Ekeji.
0/15 Elzerie Botes en Keisha Liebenberg.
0/16: Jessica Nel, Saroné Grobler en Michelle Pieterse.
0/17: Marni Coetzee
0/18: Angelique Lodewyk, Jonine Strydom, Tazzmin Pietersen en Thandeka Ngozo.

NUUS

PROSPEKTUS 2018

Kliek hier 

NUUTSTE NUUS

Hoërskool Witteberg se Tienertoneel "Glimlag Doolhofkind" vaar goed by die ATKV Tienertoneel op die Potchefstroom Streeksfees.

Die geselskap ontvang silwer vir;

- Dekor en stelontwerp
- Spesiale effekte
- Algemene hantering van tegniese aspekte 
- Tooi Cilliers ontvang silwer as klankoperateur.

Verder ontvang die groep brons vir

- Beligtingsontwerp
- Die klankbaan, 
- Die produksie as geheel
- Shannon Freeman ontvang brons as verhoog bestuurder
- Dorijke du Toit, Hanru Barnard en Jhuan Bouwe vir spel
- Juffrou Aldiné van der Merwe vir regisseur
- Hanru ontvang ook brons vir eie musiek komposisies.

Hoërskool Witteberg se 1e span 7's eindig 2e na afloop van die Griffons Sewes dag wat aangebied is deur Witteberg op die 1e September 2018.

Finale Posisies:

1e Goudveld
2e Witteberg 
3e Hentie Cilliers
4e BVHS

Witteberg is trots op 3 van sy leerders wat onder die Top 4 eindig in die ATKV Redenaars Landsfinaal. 

Sewe Wittebergers het deurgedring na die finale rondte.

Verder het die juniordebatspan van die Hoërskool Witteberg is onder die top 5 in Suid-Afrika. Ella Steynberg, Roelof Stander en Ann-ne Venter. 

 

DMC Firewall is developed by Dean Marshall Consultancy Ltd