Witteberg

Hoërskool / High School

 

          

Witteberg se vyf tennisspanne neem deel aan toernooie o.a. die interAfrika-toernooi. Vier Wittebergers verskyn op die Oos-tennisleer. Tennisoefeninge geskied in die aande waar spelers in styl hul vaardighede kan verbeter onder die spreiligte.

 

In die A-liga eindig ons seuns tweede en die dogters derde. In die B-liga eindig ons seuns tweede. In die C-liga eindig ons seuns derde, dogters tweede en in die D-liga eindig ons seuns en dogters beide derde.

Vier Wittebergers verskyn onder die Top ses posisies van hul onderskeie Oos-Vrystaatranglyste en kwalifiseer om vir Oos-Vrystaat aan die Interprovinsiale toernooi deel te neem! Hulle was: Michaela Naudé, Lian Bubb, Leander Hayes en Yuné Barnard.

Ons neem met vier spanne deel aan die sesde Inter Africa Bethlehem Hoërskole Toernooi in September – ons Seuns A-span eindig tweede in die B-Afdeling, ons B-span elfde en ons C-span dertiende. Ons Dogters A-span eindig vierde in die B-afdeling.

 

KENNISGEWINGBORD

Dans met die Campbells

Campbells

Speenkalfprojek

66333702 1134086390049103 4086354240442728448 n

PROSPEKTUS 2019

DMC Firewall is developed by Dean Marshall Consultancy Ltd