Witteberg

Hoërskool / High School

 

          

 

Die Hoërskool Witteberg in Bethlehem is die skool met die meeste spanne wat in die finaal van die Griffonsliga gespeel het.  5 spanne van Witteberg het breëbors deurgedring na dié finaal. Die uitslae is as volg:   Die 0/14A–span is die naaswenners, die O/15A–span is die ligawenners en speel ook komende Saterdag in die Kovsiebeker semi-finaal teen Hoërskool Diamantveld nadat hul afgereken het met Hoërskool Noord-Kaap, die 0/16A-span is die ligawenners, die vierdespan is die ligawenners, die derdespan is die ligawenners, die tweedespan is die naaswenners en die eerstespan speel gelykop teen Afrikaans Hoërskool Kroonstad in die finaal.

Witteberg spog ook met die meeste provinsiale rygbyspelers ooit.  Twee spelers verteenwoordig Cravenweek, twee spelers Akademiese week, vyf spelers 0/19 Griffons, vier spelers VKB Barbarians, ses spelers Griffons 0/17 Rhino, drie spelers 0/16 Grant Khomo, ses spelers 0/16 Flaminke en elf spelers 0/15 Griffons Rhino. 

 Hierdie uitstekende prestasie het egter nie net in hul skote geval nie.  Na ‘n uitdagende 2016-rugbyseisoen is daar besluit om vroeg met kondisionering en vaardigheidsontwikkeling te begin en so is die rugby-akademie gestig onder leiding van Hans Coetzee (Direkteur van rugby). Witteberg spog egter met ‘n goed toegeruste gimnasium waar elke speler getrou ‘n kondisioneringsprogram volg.  Die spelers se vaardighede is deurentyd getoets en verbeter deur gebruik te maak van die Skillset-program onder leiding van mnr Brendon Shields. 

Witteberg het ‘n groot kopskuif gemaak en besluit dat hul fokus hierdie jaar sal wees om ligas te wen.  Elke speler het getrou en passievol geoefen, hul positiewe gesindheid en goeie gees was egter ‘n suksesresep. Witteberg afrigters en mediesepersoneel het ‘n geweldige bydrae gelewer tot die sukses van die rugby.

Ons hou egter duimvas vir ons 0/15-span vir eerskomende Saterdag om 09:00 met die Kovsiebeker semi-finaal in Bloemfontein op Shimlapark.

                                            Hoërskool Witteberg droom die ondoenbare, doen die onmoontlike. Witteberg maak van elke kind `n Meesterstuk!

 

 

 

Volksblad 20 Jul 2017– Marnus Kok

 

JW Meades, wat die Griffons op die Cravenweek in Johannesburg verteenwoordig, is vir die streek verlore.

Die belowende stut gaan hom volgende jaar by die Goue Leeus aansluit.

Die 18jarige Meades se naam verskyn op ’n lys van o.19spelers wat volgende jaar hul rugby in die Goudstad gaan speel. Die Goue Leeus het die name van 20 jong spelers aangekondig wat volgende jaar vir hulle be skikbaar sal wees.

Dié leerling van die Hoërskool Witteberg in Bethlehem, is in sy tweede agtereenvolgende jaar in die Cravenweektoernooi in aksie.

Meades hoop om homself eendag as ’n geoktrooieerde rekenmeester te bekwaam.

Hy moet nog besluit of hy aan die Universiteit van die Witwatersrand of by die Universiteit van Johannesburg gaan studeer.

 

 

Witteberg glo dat ‘n gesonde gees en rou passie vir rugby hand in hand gaan met sukses. 

Witteberg beskik oor ‘n bekwame afrigtingskorps wat uitstekende prestasies behaal en ‘n wen kultuur kweek.

Witteberg se toewyding tot gekondisioneerde spelers op en vanaf die veld, word ontwikkel deur die Witteberg rugby-akademie.  Hans Coetzee, Direkteur van Afrigting, is ‘n gesoute afrigter van die SA-skole span en talle provinsiale spanne.

Spelers word opgevoed oor die tegniese aspekte van die spel, deur verskeie klinieke en ook deur teoretiese klasse wat deel vorm van die skool se kurrikulum.  Witteberg se ten volle toegeruste kondisionerings fasiliteit ontwikkel spelers tot hulle volle potensiaal.

Word so deel word van die Witteberg rugby leefstyl.

Bring jou passie vir rugby en bewaarheid jou drome by Witteberg. 

 Dit loop saam met LO en leerders het in elke 9 dag siklus ‘n Rugby periode waar ons die volgende aspekte dek:

  • Ontstaan van die sport
  • Geskiedenis van rugby
  • Speler posisies en verantwoordelikhede
  • Die velduitleg en –oppervlak
  • Basiese reëls
  • Rugbyfeite en –statistieke
  • Praktiese sessies:
  • Hantering
  • Verspreiding
  • Skoppe
  • Spasie skep
  • In die spasie speel en hardloop

Kurrikulum:

  1. Leefwyse bestuur
  2. Portuurgroep, maats, ouers
  3. Gesondheid en welstand
  4. Dwelms en misbruik
  5. Sosiale vaardighede
  6. Beroep, werk, ambag
  7. Tydsbestuur
    1. Tegniese ontwikkeling

 .              Toepassing van reëls

  1. Posisionele vaardighede
  2. Persoonlike vaardighede
  3. Ontwikkelingspel
  4. Spelformaat
  5. Individuele rolle en verantwoordelikhede
  6. Veiligheid
    1. Fisieke ontwikkeling

 .              Liggaamsamestelling

  1. Uithouvermoë
  2. Krag
  3. Spoed
  4. Soepelheid
  5. Dieet
    1. Sielkundige ontwikkeling

 .     Sielkundige vaardighede

  1. Stres en werksverrigting
  2. Persoonlikheid
  3. Motivering
  4. Leerstyle
  5. Taktiese waardering

 .              Toepassing van reëls

  1. Tyd, ruimte, tempo
  2. Aanvallende fokus
  3. Verdedigende fokus
  4. Ontwikkelingspel
  5. Spelformaat
  6. Strategieë
  7. Taktiek
  8. Veldoppervlakte en –toestand
  9. Klimaat en weersomstandighede

NUUS

PROSPEKTUS 2018

Kliek hier 

NUUTSTE NUUS

Hoërskool Witteberg se Tienertoneel "Glimlag Doolhofkind" vaar goed by die ATKV Tienertoneel op die Potchefstroom Streeksfees.

Die geselskap ontvang silwer vir;

- Dekor en stelontwerp
- Spesiale effekte
- Algemene hantering van tegniese aspekte 
- Tooi Cilliers ontvang silwer as klankoperateur.

Verder ontvang die groep brons vir

- Beligtingsontwerp
- Die klankbaan, 
- Die produksie as geheel
- Shannon Freeman ontvang brons as verhoog bestuurder
- Dorijke du Toit, Hanru Barnard en Jhuan Bouwe vir spel
- Juffrou Aldiné van der Merwe vir regisseur
- Hanru ontvang ook brons vir eie musiek komposisies.

Hoërskool Witteberg se 1e span 7's eindig 2e na afloop van die Griffons Sewes dag wat aangebied is deur Witteberg op die 1e September 2018.

Finale Posisies:

1e Goudveld
2e Witteberg 
3e Hentie Cilliers
4e BVHS

Witteberg is trots op 3 van sy leerders wat onder die Top 4 eindig in die ATKV Redenaars Landsfinaal. 

Sewe Wittebergers het deurgedring na die finale rondte.

Verder het die juniordebatspan van die Hoërskool Witteberg is onder die top 5 in Suid-Afrika. Ella Steynberg, Roelof Stander en Ann-ne Venter. 

 

DMC Firewall is a Joomla Security extension!