Akademie is Witteberg se hart en siel. Ons is trots om te sê dat ons onderwysers nie skroom om die ekstra myl te stap nie. Witteberg se Wiskunde en Fisiese Wetenskap is weereens vir die soveelste jaar tops in die Vrystaat. Witteberg het al vir 9 agtereenvolgende jare `n 100% slaagsyfer met die hoogste matrikulasievrystelling van alle Oos-Vrystaatskole.
Ons is die afgelope 8 jaar die top stedelike akademiese skool in die Thabo Mofutsanyana – distrik. (Grootste onderwysdistrik in SA) en ook die Top Wiskundeskool!
Vir die afgelope 20 jaar spog ons met die meeste top akademiese individuele presteerders in Oos-Vrystaat en nasionale wenners in olimpiades en ekspo’s. In 2017 word Witteberg aangewys as top Wiskunde –en Wetenskapskool in die Vrystaat.
Witteberg se leerders word bemagtig om ingelig en voorbereid by enige tersiêre instelling aan te sluit en suksesvol hul naskoolse studies te voltooi.
TALLE EKSTRA KLASSE
Leesklasse vir graad 8 – leerders
Inligtingstegnologie
Landbouwetenskap as vak
Fotografie as vak
Visuele Kuns as vak
Dramatiese kuns as vak
LSOB-DEPARTEMENT
- Emosionele ondersteuning
- Akademiese ondersteuning
- Konsessies
- Mind moves
- Berading
- Sommer net omgee
BEROEPSVOORLIGTING
STUDIEMETODES
EKSAMENVOORLIGTING