Sedert Januarie 2024 bied Witteberg die volledige Landbou-pakket van Gr. 8 – 12 aan. Witteberg Agri het sy ontstaan gemaak in 2022 om hierdie departement te verteenwoordig. Witteberg Agri sal fokus op die individu ter voorbereiding vir `n naskoolse kwalifikasie binne hierdie beroepsveld. Dit is ook ons wens vir elke leerder wat hierdie vakpakket neem om `n kwalifikasie van so aard te verseker en met selfvertroue ‘n landbouloopbaan na te jaag.
Die Landbousentrum spog tans met 8 ingerigte stasies wat leerders in staat stel om praktiese projekte maklik uitvoerbaar te maak, soos onder andere swysmasjiene, bore, soldering, slypmasjiene en vele meer. Die skool het ook ‘n ten volle toegeruste landboutonnel om leerders te onderrig in gewasproduksie en plantkunde.
Witteberg Agri bied die volgende vakke:
Landbouwetenskap (Gr. 10 – 12)
Landboutegnologie (Gr. 10 – 12)
Landboubestuurspraktyk (Gr. 10 – 12)
Landboustudies (Gr. 8 – 9)