Sonder twyfel my tweede tuiste
Huis Witteberg is ons koshuis wat huisvesting bied aan 240 leerders. Die koshuis bestaan uit twee vleuels vir meisies en twee vleuels vir seuns. Die leerders ontvang daagliks drie maaltye van uitstaande gehalte. Die kamers en badkamergeriewe is netjies en luuks. Leerders studeer in hul kamers onder onderwysertoesig en neem verantwoordelikheid vir hul goeie akademiese
prestasies.
Die oorsprong van Hoërskool Witteberg se samehorigheid en gees vind in Huis Witteberg plaas. Hierdie “koshuisbrakke” leef soos ‘n familie saam en die band is onbreekbaar. As jy een keer die koshuisbrood geproe het, word jy soos ‘n yster groot!
Huis Witteberg bied ook sy dienste aan dagskoliere. Hierdie is die perfekte diens om van gebruik te maak indien ‘n leerder ‘n vol dag op kampus moet deurbring. Kom sluit jou skooldag af met ‘n heerlike bord gekookte kos voor die middagprogram afskop. Hier skep ons ook vir jou ‘n ruimte waar jy gemaklik kan studeer om te verseker die akademie raak nooit agter nie. Reëlings in die verband kan met die koshuishoof getref word. Huis Witteberg is sonder twyfel ons tweede tuiste.
Witteberg stap die ekstra myl met busroetes op Maandae en Vrydae
om die leerder van die naburige dorpe veilig na en van Witteberg te vervoer. Hierdie uitstekende diens verseker dat jy week na week kan terugkeer na die Witteberg-kampus.
ONS ROETES LOOP NA:
Reitz, Frankfort | Warden, Vrede, Memel | Kestell, Harrismith | Clocolan, Ficksburg, Fouriesburg | Senekal, Marquard
E-POS ADRES:
ontvangs@witteberghs.co.za
TELEFOON:
058 303 5271
FAKS:
058 303 5271