Sonder twyfel my tweede tuiste
Huis Witteberg is ons koshuis wat huisvesting bied aan 310 leerders. Die koshuis bestaan uit twee vleuels vir meisies en drie vleuels vir seuns. Die leerders ontvang daagliks drie maaltye van uitstaande gehalte. Die kamers en badkamergeriewe is netjies en modern. Die meeste kamers in Huis Witteberg is tweebedkamers, terwyl elke vleuel twee sesbedkamers insluit.
Leerders studeer in hul kamers onder onderwysertoesig en neem verantwoordelikheid vir goeie akademiese prestasies. Die oorsprong van Hoërskool Witteberg se samehorigheid en gees vind in Huis Witteberg plaas. Hierdie “koshuisbrakke” leef soos ’n familie saam en die band is onbreekbaar. As jy een keer die koshuisbrood geproe het, word jy soos ‘n yster groot!
Huis Witteberg bied ook sy dienste aan dagskoliere. Hierdie is die perfekte diens om van gebruik te maak indien ‘n leerder ‘n voldag op kampus moet deurbring. Kom sluit jou skooldag af met
‘n heerlike bord gekookte kos voor die middagprogram afskop.
Hier skep ons ook vir jou ruimte waar jy gemaklik kan studeer en verseker die akademie raak nooit agter nie. Reëlings in dié verband kan met die koshuishoof getref word.
Huis Witteberg is sonder twyfel ons tweede tuiste
Witteberg bied op Maandae en Vrydae ekstra busroets om leerders van naburige dorpe veilig na en van die skool te vervoer. Hierdie diens verseker dat jy week na week kan terugkeer na die Witteberg-kampus.
ROETES | Warden | Newcastle | Reitz |
Marquard | Kestell | Memel | Harrismith |
Ficksburg | Frankfort | Vrede |
|
Fouriesburg | Kroonstad | Senekal |
|