My hulp kom van die Here wat hemel en aarde gemaak het.
Sy liefde omvou ons, soos Witteberg sy hande uitstrek na hul medemens.
Ons reik uit na elke leerder op ons kampus en ervaar omvangryke genade in ons Koninklike skool.
Ons vashouplek, anker en omgee vir mekaar – dit alles lê in ons kinderlike geloof.
Die VCSV vind plaas in groepsverband. Gassprekers besoek gereeld ons skool. Op hierdie wyse ervaar almal die hartklop, menswees en geloof in ons skool.