Witteberg is gasheer vir die Marette du Toit-tennisakademie.
Professionele afrigter, Lyndon van den Haer is betrokke by die afrigting van die eerstespanne. Ons spanne neem deel aan die Oos-Vrystaatliga. Spelers speel daagwedstryde om op die Witteberg en/of Oos-Vrystaatranglyste te verskyn. In Augustus vind interprovinsiale wedstryde plaas waartydens spelers ingesluit word in Thabo Mofutsanyana- en Oos-Vrystaatspanne. Witteberg neem ook deel aan toernooie soos bv. die baie gewilde Inter Africa Hoërskole toernooi. Witteberg beskik oor vier bane (twee met ligte) en ‘n klubhuis.
E-POS ADRES:
ontvangs@witteberghs.co.za
TELEFOON:
058 303 5271
FAKS:
058 303 5271