Vooruit

Tennis

Witteberg is gasheer vir die Marette du Toit-tennisakademie en beskik oor vier bane (twee met ligte) en ‘n klubhuis.

Professionele afrigter Lyndon van den Haer is betrokke by die afrigting van die eerste spanne.

Ons neem deel aan die Oos-Vrystaatliga en spelers speel daagwedstryde om op die Witteberg- en/of Oos-Vrystaatranglyste te verskyn.

 

Jaarliks vind interprovinsiale wedstryde plaas waartydens spelers ingesluit word in die Thabo Mofutsanyana- en Oos-Vrystaatspanne. Witteberg neem deel aan toernooie soos die gewilde Inter Afrika-hoërskoletoernooi.