Vooruit

HOKKIE

Witteberg-hokkie bied veel meer as net hokkie: Ons streef na uitnemendheid!

Benewens ’n puik grasveld, spog die skool ook met ‘n nuwe astrobaan wat in 2025 voltooi is, en ’n binnenshuise sportsentrum – uniek in die Oos-Vrystaat!

 

Witteberg se hokkiespelers word blootgestel aan uitstekende afrigting en jaarlikse toere vir al ons A–spanne. Spelers word gekondisioneer in die kondisioneringsentrum, en ons spelers en afrigters kry die geleentheid om kursusse by te woon om hulle hokkiekennis te verbreed. Ons neem aan die Oos-Vrystaatliga en die Wesgrow Sentrale Skolereeks deel.

Witteberg-hokkie spog met alumnilede Jackie Janse van Rensburg en Nepo Serage, wat in
Suid-Afrikaanse hokkiespanne ingesluit was.