Witteberg bied seuns- en dogterskrieket aan. Ons is ook bevoorreg dat ons eerste en o.15A-span die geleentheid het om in die Noord-Vrystaat-liga en mededingende krieket teen skole vanuit Bloemfontein en Kimberley te kan speel.
Ons dogterspan dra vir etlike jare die kroon in die Thabo Mofutsanyana-streek en is tans die ligawenners. Die res van ons spanne speel in die plaaslike TBM-liga en op diƩ manier word aan elke krieketliefhebber die geleentheid gegee om deel te neem.