Vooruit

AKADEMIE

By Hoërskool Witteberg bly
akademie die hartklop van die skool.

Witteberg word jaarliks as een van die top- akademiese skole in die Oos-Vrystaat aangewys, en Wittebergers se name duik jaarliks op onder die top-vyftig matrikulante in die Vrystaat.

BUITEVAKKE:
By Witteberg word leerders se vakkeuses so ver moontlik ge-akkommodeer. Dit is moontlik om ‘n vak buite die blok te neem en ons buitevakke word na-ure aangebied.

Die volgende vakke kan buite die blok geneem word: Visuele Kuns, Rekenaartoepassingstegnologie, Inligtingstegnologie, Duits, Musiek, Dramatiese Kuns, Alpha-wiskunde.

Alle buitevakke (alle vakke wat na-ure geneem word, ongeag ’n sewende of ’n ekstra vak) is onderhewig aan ‘n direkte ooreenkoms tussen die leerder se ouers en die onderwyser verantwoordelik vir die vak. Dit sluit betalings, les-ure en datums van assessering in.

All additional subjects (subjects after hours as eighth or extra subject) are entitled to an agreement between the parents of the learner and the teacher responsible for the subject. This will include payments, teaching schedules and dates for assessment.

EXCELSUS:

Witteberg streef na akademiese uitnemendheid. Dit is ons kernbesigheid!
Die Excelsus Akademie vir Wiskunde en Fisiese Wetenskappe is ‘n unieke inisiatief om leerderpotensiaal van “goed” na “uitnemend” te verhoog.

Witteberg behaal jaarliks merkwaardige prestasies binne hierdie vakgebiede en word al vir etlike jare as die top-skool vir Wiskunde en Fisiese Wetenskap in die Vrystaat benoem.

Hierdie diens is teen ‘n uiters bekostigbare fooi per kwartaal beskikbaar. Klasse word weekliks op die Witteberg-kampus aangebied.

WITTEBERG AGRI:

Jou Toekoms in Landbou.

Witteberg Agri fokus op die individu en berei die leerder voor vir ‘n naskoolse kwalifikasie in dié beroepsveld. Ons doel is dat elke leerder wat hierdie vakpakket kies, ‘n relevante kwalifikasie verwerf en met selfvertroue ‘n loopbaan in die landbousektor sal volg.

Die Landbousentrum beskik oor agt ten volle ingerigte stasies wat leerders in staat stel om praktiese projekte doeltreffend uit te voer. Hierdie stasies sluit onder meer swysmasjiene, bore, solderingstoerusting en slypmasjiene in. Die skool het ook ‘n moderne, volledig toegeruste landboutonnel waar leerders praktiese ervaring in gewasproduksie en plantkunde opdoen.

Witteberg Agri bied die volgende vakke:

Landbouwetenskap (Gr. 10 tot 12)

Landboutegnologie (Gr. 10 tot 12)

Landboubestuurspraktyk (Gr. 10 tot 12)

Landboustudies (Gr. 8 tot 9)

OLIMPIADES:

Vir Witteberg is dit belangrik dat leerders aan talle olimpiades deelneem. So word leerders aan die jongste vakkennis blootgestel. Ons neem jaarliks deel aan die volgende olimpiades: Afrikaans, Engels, Duits, Wiskunde, Fisiese Wetenskappe, Verbruikerstudies, Rekeningkunde, Rekenaartoepassingstegnologie, Inligtingstegnologie en die Eskom Ekspo.

LSOB: Ons skool bied ondersteuning in alle vorme aan. Die LSOB-departement (Leerders met Spesiale Onderwysbehoeftes) verseker dat leerders hul akademiese doelwitte najaag en dat hul deur altyd oopstaan vir leerders met emosionele uitdagings. Die skool beskik oor gekwalifiseerde personeel wat hierdie afdeling behartig.

We offer sessions where different study methods are presented to learners, as well as brain dominance tests. Academics remains our top priority!