Skoolfonds vir 2025 is as volg:
Daar word van ouers verwag om die volle skoolgeld in Januarie te betaal. Indien dit nie moontlik is nie, kan ouers ‘n skriftelike reëling tref vir maandelikse afbetaling van Januarie tot Oktober. ‘n Debietorder kan deur die ouer geteken word as deel van die reëlings. Bogenoemde sluit uit sosiale funksies bv. Valentynsbal, matriekafskeid, koshuis “socials”, sokkies, kampe, toere en ander aktiwiteite soos skoolfoto’s, jaarblaaie, deelname aan olimpiades ens.
Volle bedrag betaalbaar voor praktieseklasse begin.
Verbruikerstudies Gr.8 – Gr.12: R500-00 per jaar vir prakties ‘n Witteberg voorskoot is verpligtend vir elke leerder, beskikbaar op bestelling by die vakonderwyser teen R200-00 (kontant betaalbaar met bestelling). Die voorskoot kan gebruik word van Gr.8 tot in Gr.12.
Landboutegnologie Gr.10-12 R1 000-00 per jaar vir prakties
Nuwe aansoekvorms met betrekking tot skoolfondskwytskelding is in Januarie beskikbaar by die finansieskantoor en moet jaarliks voltooi en ingehandig wees voor einde Februarie. Die feit dat ‘n aansoek ingedien is, impliseer nie dat die aansoek suksesvol sal wees nie en bly dit die verantwoordelikheid van die ouer om die voorgeskrewe skoolgelde stiptelik te betaal. Geen aansoeke sal oorweeg word indien dokumentasie onvolledig is nie.
(Busse ry nie op die eerste en laaste dag van ‘n kwartaal nie.)
Busroetes is beskikbaar na:
Geen busgeld terugbetalings sal gedoen word indien busse tydens sekere geleenthede nie sou ry nie (bv winterkliniek, Interskole, lang naweke en Kersmark).
Bankbesonderhede:
Hoërskool Witteberg
FNB Tjek
Rek Nr. 62193915942
Takkode: 230-133
Verw. Kind se naam, van en graad
Koshuisgelde vir 2024 is as volg:
R27 000 per jaar betaalbaar oor vier (4) kwartale aan begin van elke kwartaal.
Deposito van R1 000 is betaalbaar voor einde November 2024 wat deel uitmaak van die totale koshuisfooie.
Breekskade – R250 per kind (eenmalig)
Bankbesonderhede:
Witteberg Koshuis
ABSA
Rek Nr. 0770140714 Takkode: 632-005
Verwysing: Kind naam en van
(Betaalbaar by onderwyser self; onderhewig aan verandering)
NB!! Betaling MOET teen einde Oktober 2025 afgehandel wees anders sal daar nie met die vak voortgegaan mag word nie.
E-POS ADRES:
ontvangs@witteberghs.co.za
TELEFOON:
058 303 5271
FAKS:
058 303 5271