Vooruit

Gholf

Share It:

Ons het drie gholfspanne wat in verskillende ligas deelneem. Die spanne word blootgestel aan klubkompetisies en is bevoorreg om op talle pragtige bane te kan speel.

Witteberg het vanjaar drie spanne in die liga ingeskryf wat onderskeidelik in die B- en C-liga deelgeneem het. Witteberg is ingedeel in die Suid-streek van die Oos-Vrystaatliga. Die wenners van die Suid-streek speel in die finaal teen die wenners van die Noord-streek. Witteberg se eerste, tweede en derde spanne verloor ongelukkig in die finaal teen Voortrekker.

Die gholfspelers neem ook deel aan plaaslike klubkompetisies en vaar baie goed.